Take-Two Interactive Software Privaatheidsbeleid

Jongste weergawe: Februarie 2025

Take-Two Interactive Software, Inc., en sy filiale wat die Take-Two groep maatskappye uitmaak ("Take-Two", "ons", "ons" of "ons eie"), is ‘n leidende ontwikkelaar, publiseerder en bemarker van interaktiewe vermaak. Hierdie Privaatheidsbeleid verduidelik die datapraktyke vir die produkte, dienste en webwerwe wat deur die Take-Two entiteite en handelsmerke gelys word hier ("Dienste"). Lees asseblief hierdie Privaatheidsbeleid aandagtig deur en hou in gedagte dat die praktyke en die data wat ons insamel mag verskil na gelang van hoe u die Dienste gebruik. Die Dienste is ook onderhewig aan alle ander bepalings en voorwaardes wat in ons Dienste ingesluit is. Hierdie Privaatheidsbeleid is aanvullend tot die privaatheidsopenbaarmakings wat saam met u sagtewareproduk en deur u platformvervaardiger verskaf word.

Hierdie Privaatheidsbeleid is nie van toepassing op die persoonlike inligting wat deur werksaansoekers verstrek word nie. Raadpleeg asseblief ons privaatheidsbeleid wat vir werksaansoekers beskikbaar is hier.

Kennisgewing by die insameling van persoonlike inligting: Raadpleeg asseblief die Kategorieë van inligting wat ingesamel word- en Hoe ons persoonlike inligting gebruik en ons regsgronde-onderafdeling vir ’n oorsig oor watter inligting ons insamel en hoekom, asook die Dataregte-onderafdeling vir inligting omtrent hoe u u privaatheidsregte kan uitoefen, insluitend hoe om te onttrek van die verkoop of deling van u persoonlike inligting.

Kategorieë van inligting wat ingesamel word

Die tipe inligting wat ons insamel, hang af van hoe u die Dienste gebruik. Ons samel normaalweg die volgende inligting in:

  • Identifiseerders / Kontak inligting: Name, gebuikersnaam, pos- en e-posadres, telefoonnommer, unieke ID’s, mobiele toestel-ID, platform-ID, speldiens-ID, advertensie-ID (IDFA, Android ID) en IP-adres

  • Beskermde eienskappe: Ouderdom en geslag

  • Kommersiële inligting: Aankoop- en gebruiksgeskieidenis en -voorkeure, insluitend spelgeskiedenis

  • Faktureringsinligting: Betaalinligting (krediet- / debietkaartinligting) en versendingsadres

  • Internet / Elektroniese aktiwiteit: Web- / toepblaai- en spelinligting wat met die Dienste verband hou; inligting omtrent u aanlyn interaksie(s) met die Dienste of ons advertensies; en details omtrent die speletjies en platforms wat u gebruik en ander inligting rakende die geïnstalleerde toepassings

  • Toestel- en gebruiksdata: Toesteltipe, details van sagteware en hardeware, taalstellings, blaaiertipe en -weergawe, bedryfstelsel en inligting omtrent hoe gebruikers die Dienste gebruik en daarmee omgaan (bv. die inhoud waarna gekyk is, bladsye besoek, klieks, op- en afblaai)

  • Profiel-afleidings: Afleidings wat van u inligting en webaktiwiteite gemaak word om ’n pasgemaakte profiel te help skep sodat ons kan bepaal watter goedere en dienste van belang mag wees

  • Oudio- / visuele inligting: Rekeningfoto’s, -beelde en -avatars, oudio-inligting vir kletsfasiliteite en -funksionaliteit, en spelopnames en beeldmateriaal (soos wanneer u aan speltoetsings deelneem)

  • Sensitiewe inligting: Presiese liggingsinligting (as u die Dienste toelaat om u ligging in te samel), rekeningbesonderhede (gebruikersnaam en wagwoord) en die inhoud van kommunikasies via kletsfasiliteite en -funsionaliteite.

Hoe ons persoonlike inligting gebruik en ons regsgronde

Ons gebruik die inligting wat ons binne Take-Two insamel soos volg, op grond van verskeie regsgronde:

  • Besigheidsdoeleindes: Verskaffing van die Dienste en ondersteuning; volvoering van bestellings en versoeke; verbetering van die Dienste en ons besigheid; ontwikkeling van nuwe produkte en dienste; verbetering van u belewenis van die Dienste; beskerming van die veiligheid van ons gebruikers, werknemers, fasiliteite en Dienste; en die ontwikkeling van interne bemarkings- en demografiese studies

  • Kommersiële doeleindes: Bemarking en advertering van ons en ons sakevennote se produkte en dienste; stuur u bemarkingsmateriaal; en administreer promosie-aktiwiteite of geleenthede

Ons gebruik u inligting ook soos deur wetgewing toegelaat.

Ons gebruik die inligting wat ons vir besigheidsdoeleindes insamel, onder andere:

  • Om die Dienste te verskaf

  • Om produkbestellings uit te voer en aan ander versoeke te voldoen, u vrae te beantwoord en met u te kommunikeer

  • Om u Diens-belewenis te verbeter en te verpersoonlik, insluitend om u te herken, u voorkeure en stellings te behou, u met ander gebruikers te verbind en om met u derdeparty-platform-, spel- en sosialenetwerk-rekeninge te koppel

  • Om tegniese en ander ondersteuning te bied

  • Om die gebruike en funksionering van die Dienste te hersien, om nuwe produkte of dienste te ontwikkel en om ontledings te maak om ons sagteware, inhoud, bemarking, rugsteun en Dienste uit te bou of te verbeter

  • Om interne bemarkings- en demografiese studies te onderneem

  • Om probleme met die Dienste of ander besigheidsbehoeftes aan te spreek

  • Om die sekuriteit of integriteit van die Dienste, gebruikers en ons besigheid te beskerm, byvoorbeeld om ons te beskerm teen en die oortreding van ons voorwaardes en beleide te voorkom, insluitend om bedrog, roofkopiëring, kullery, peutery, ongemagtigde transaksies, eise en ander aanspreeklikhede te bekamp en om risikoblootstelling te bestuur

  • Om namens u met die derdeparty-platform-, spel- en sosialenetwerk-rekeninge wat u aan ons Dienste koppel, te handel

  • Om deel te neem aan ander verwerkings waarvan ons u in kennis stel wanneer u u inligting verstrek of waar u toestemming gee tot sodanige verwerking

  • Soos deur wetgewing toegelaat

Ons gebruik die inligting wat ons insamel vir kommersiële doeleindes, insluitend:

  • Om verpersoonlikte inhoud, geteikende aanbiedinge en advertensies op die Dienste, via e-pos en teksboodskappe, of op ander webwerwe, mobiele toepassings of sosiale media namens Take-Two [/g1of ons sakevennote aan u en ander gebruikers te bied

  • Om u te kontak met inligting en promosiemateriale

  • Om belonings, opnames, prystrekkings, kompetisies of ander bemarkingsaktiwiteite of geleenthede, wat deur ons of ons sakevennote geborg of bestuur word, te administreer

  • Om ons gebruikers in kombinasie met ander data te ontleed, ten einde ons gebruikersbasis te assesseer en om bemarking aan ander soortgelyke groepe te teiken

---Regsgronde vir die verwerking van persoonlike inligting

Indien u gebaseer is op ’n plek waar dit vereis word dat ons regsgronde vestig, verwerk ons u inligting op die volgende gronde:

  • Om ons kontrak met u te vestig en uit te voer (byvoorbeeld die voorwaardes wat op ons Dienste van toepassing is, of om op u versoek stappe te neem soos om transaksies met u aan te gaan en u toe te laat om ons speletjies aanlyn te speel)

  • Om ’n wetlike verpligting na te kom

  • In ons of ons sakevennote se regmatige belang, soos om ons produkte en dienste te verbeter; om ontledings te doen om ten einde ons gebruikers beter te verstaan; om direkte bemarking te doen (wanneer ons nie u toestemming nodig het nie); andersins om ons besigheid te ondersteun, uitvoerings en dienste; en om ons voorwaardes en beleide af te dwing en oortreding daarvan te voorkom

  • Om u wesenlike belange en die van ander persone (byvoorbeeld ’n ander speler) te beskerm

  • Met u toestemming, soos wanneer u inteken vir direkte bemarking of u Take-Two rekening aan ’n derdeparty-diens koppel

Bronne van die inligting wat ons insamel

Hoe ons inligting verkry, hang af van hoe u die Dienste gebruik. Byvoorbeeld, ons samel inligting in:

  • wat u direk aan ons verskaf, soos wanneer u ’n rekening opstel, inteken vir bemarking of ons kontak

  • omtrent die speletjies wat u speel (outomaties)

  • vanaf derdeparty-platforms, soos wanneer u via derdeparty-rekeninge ons speletjies speel of toegang tot ons Dienste kry

  • outomaties, insluitend deur blaaiervolgers en soortgelyke opsporingstegnologieë

  • vanaf derde partye, soos advertensienetwerke, sakevennote, derdeparty-inligtingverskaffers en ander rolspelers

---Inligting wat u verskaf

U verskaf inligting aan ons wanneer u die Dienste gebruik, soos wanneer u:

  • ’n rekening skep of die Dienste gebruik

  • inteken op bemarking en kommunikasie

  • kommentaar lewer op ons boodskapborde, forums, kletskamers, voere, webwerwe of ander Dienste

  • enige van ons produkte of dienste koop of delg, insluitend fisieke items, virtuele items, virtuele geld of byvoegings

  • enige demonstrasies, programme of ander sagteware aflaai, installeer of daartoe toegang kry

  • kontak ons vir ondersteuning of ander doeleindes, insluitend deur middel van aanlyn of binne die speletjie se chat

  • ons e-pos- of deling-funksies gebruik

  • deelneem aan geleenthede, kompetisies, promosies, opnames of speltoetsings

  • deelneem aan ’n aktiwiteit waar u u inligting verskaf

Na gelang van die Diens of u aktiwiteit, samel ons inligting in soos u naam, eposadres, telefoonnommer, foto, posadres / poskode, betalings- of aankoopinligting, ouderdom, geslag, wagwoord, platform-ID, sagteware-produkte wat gespeel is, opnamedata, geo-lokalisering en die stelsels of platforms waarop u gespeel het. Ons kombineer hierdie data oor die toestelle heen waarop u gespeel het.

---Spelinligting

Wanneer u die Dienste gebruik, ontvang ons outomaties inligting omtrent u spel. Spelinligting sluit in u platform-ID of speldiens-ID, spelsuksesse, spelpunte en -prestasies, IP-adres, MAC-adress of die ID van ander toestelle, ander platform- / toestelinligting en ander inligting en statistieke omtrent u gebruik van die Dienste. Ons samel spelinligting in selfs as u nie vir die Dienste registreer nie. Ons mag spelinligting met ander inligting wat ons omtrent u het, kombineer. Ons mag ook gebruik maak van interne en derdepartye se bedrogvoorkomingstegnologieë om kullery binne ons Dienste op te spoor en te voorkom.

---Platform, Spel, en Sosialenetwerk-inligting

Ons samel inligting in wanneer u toegang tot ons Dienste verkry via derdeparty-platformrekeninge soos ’n spelplatformrekening, spelnetwerkdiensrekening of sosiale netwerkdiensrekening. Wanneer u op so ’n manier toegang tot ons Dienste verkry, verskaf die derdepartyplatforms inligting omtrent u aan ons. Byvoorbeeld, afhangend van u gebruik van of aktiwiteit op die derdepartyplatform, ontvang ons u gebruikersnaam, u vriendelys of die rekeninginligting wat nodig is om die Dienste of ’n item wat tydens spel aangekoop is, te verskaf. Die derdepartyplatform mag u toelaat om te besluit watter inligting aan ons verskaf word. Ons is nie aanspreeklik vir die voorwaardes, beleide, openbaarmakings of aksies van enige derdepartyplatforms nie.

---Blaaiervolgers en soortgelyke tegnologieë

Ons mag blaaiervolgers, webbakens, beeldpunt-etikette, Flash-blaaiervolgers, Internetlogleers, sagteware-ontwikkelingspakkette en soortgelyke opsporingstegnologieë gebruik om die funksionering van ons Dienste te verbeter en in stand te hou; om veiligheid en bedrogvoorkoming te verbeter; en om geteikende bemarking aan u te verskaf. Hierdie tegnologieë mag persoonlike informasie oordra (bv., hoe u spesifieke blaaie op ons webblad bestuur, op watter skakels u klik, en soortgelyke informasie) en videobesigtigingsinformasie oordra aan ons advertensie-vennote en derdepartye. Ons stelsel mag dalk nie op “Do not Track”-versoeke of opskrifte van sekere of alle blaaiers reageer nie. Die afdeling “Bestuur u Rekening, Kommunikasie en Data” verskaf addisionele inligting omtrent ons gebruik van blaaiervolgers en soortgelyke tegnologieë en hoe u blaaiervolgers kan bestuur. U kan ook die blaaiervolgervoorkeurrnutsgoed gebruik, waar beskikbaar, of binne die speletjie se privaatheid en advertensie instellings, of besoek die Blaaiervolgerbeleid wat op die Diens verskyn vir meer inligting.

---Inligting vanaf Derdepartye

Ons ontvang inligting van derde partye om die inligting wat ons van u ontvang, op datum te bring. Ons mag moontlik inligting vanaf openbare databasisse, platformvervaardigers, verskaffers van analitiese data, speletjie-ontwikkelaars en ander sakevennote en Take-Two groepmaatskappye wat by die verskaffing van die Dienste wat aan u betrokke is ontvang, insluitend demografiese inligting en inligting omtrent u belangstellings. Ons mag inligting wat in die openbaar beskikbaar is, insluitend inligting van sosiale media insamel, om ons gebruikers, werknemers, fasiliteite en Dienste te beskerm en om met ondersoeke te help. Ons mag ook inligting omtrent ander individue wat die Dienste gebruik, ontvang. Dit mag inligting omtrent u insluit wanneer daar in kommentare op die Dienste na u verwys word of as ’n individu ’n direkte boodskap aan ons stuur.

Wanneer Ons Inligting Deel

Soos hieronder uiteengesit, deel ons u inligting met:

  • verskaffers wat rugsteun en ander dienste aan ons verleen

  • Take-Two groepslede

  • advertensie diensverskaffers aan derdeparty advertensie-vennote

  • ander derde partye (bv. by samewerkende aanbiedinge, vir regs- en veiligheidsdoeleindes, in verband met die verkoop of oordrag van ’n besigheid of bate, en ander doeleindes met u toestemming)

  • ander gebruikers, soos wanneer u in oop groepe of geleenthede deelneem of wanneer inligting op ranglyste gepubliseer word

Gedurende die afgelope 12 maande het Take-Two unieke identifiseerders, IP-adresse, sowel as internet/elektroniese aktiwiteits- en profiel-afleidings aan derdeparty-advertensieverskaffers verkoop of met hulle gedeel om ons in staat te stel om pasgemaakte reklame aan u en andere soos u te kan verskaf. Ons verkoop of deel nie persoonlike inligting omtrent persone wat ons weet onder die ouderdom van 16 is sonder hulle (of na gelang van ouderdom, hul ouers) se toestemming nie.

Informasie oor derdeparty advertensie-vennote kan gevind word in die blaaiervolger se voorkeur hulpbron, waar beskikbaar, of binne die speletjie se privaatheid en advertensie instellings wat van toepassing is vir die Diens.

---Verskaffers

Ons maak gebruik van verskaffers om dienste namens ons te lewer. Hierdie verskaffers bied aan ons sake, professionele of tegniese ondersteuning, help ons om ons besigheid en dienste te bedryf, of administreer aktiwiteite wat met ons besigheid en die Dienste te doen het.

---Advertering

Ons maak gebruik van Take-Two en derdeparty-advertensies om ons Dienste te ondersteun, soos advertensienetwerke, data-uitruilings, verskaffers van verkeerbestuursdienste, sosiale netwerke en verskaffers van bemarkingsanalisedienste. Hierdie verskaffers gebruik blaaiervolgers en soortgelyke opsporingstegnologieë (verwys na Blaaiervolgers en soortgelyke tegnologieë hierbo) om inligting omtrent u toestel en die Dienste wat u gebruik, in te samel. Hierdie inligting tesame met die inligting wat ons met hulle deel, stel ons of ons verskaffers in staat om u of u toestel te herken en advertensies aan u of u toestel te bedien en die effektiwiteit van daardie advertensies te meet. Dit sluit in Identifiseerders/ Kontakinligting, Internet / Elektroniese Aktiwiteit, Toestel- en Gebruiksdata en Profielafleidings.

Ons (en soms ons verskaffers) samel hierdie inligting in en deel dit wanneer u ons Dienste gebruik, op ’n webwerf of ’n advertensie kliek, of een van ons speletjies of ander mobiele toepassings oopmaak. Hierdie inligting: (1) stel ons in staat om die korrekte en toepaslike betaling vir advertensies wat namens ons geplaas is, te maak (bv. ’n advertensie wat daartoe gelei het dat u een van ons speletjies koop of aflaai) en betaal te word wanneer u ’n advertensie op ons dienste sien; (2) help voorkom dat u herhaaldelik dieselfde advertensies sien; (3) help om geteikende advertensies of ander inhoud te selekteer en op u toestel te vertoon (byvoorbeeld op ’n webwerf of sosiale netwerkdiens wat u besoek of op ’n mobiele toepassing wat u gebruik) wat vir u van spesifieke belang mag wees; (4) help om die effektiwiteit van ons advertensies, die populariteit van inhoud en die verkeer op ons Dienste te meet en te ontleed en (5) help ons om ons Dienste te verbeter.

U kan meer kennis inwin oor hoe ons en ons voorsieners u informasie gebruik in die Bestuur u rekening, kommunikasie en data afdeling; en, soos toepaslik vir die Diens, deur gebruik te maak van ons blaaiervolgervoorkeurnutsgoed, waar beskikbaar, of binne die speletjie kan u die privaatheid en advertensie instellings gebruik, of besoek die blaaiervolgerbeleid wat op die Diens verskyn.

Informasie oor derdeparty advertensie-vennote kan gevind word in die blaaiervolgervoorkeurmutsgoed, waar beskikbaar, of binne die speletjie se privaatheid en advertensie instellings, soos van toepassing vir die Diens.

---Derdepartye

Ons deel u inligting met derde partye soos dit in hierdie Privaatheidsbeleid uiteengesit is, insluitend soos volg:

  • Samewerkende verhoudings: Wanneer ons dienste of promosies aanbied in samewerking met ’n derde party wat u inligting vir hul eie gebruik sal ontvang, sal ons u dienooreenkomstig in kennis stel wanneer die inligting ingesamel word en u kan dan kies of u aan die aanbod wil deelneem of nie.

  • Wetgewing en veiligheid: Ons mag u inligting deel om die veiligheid van ons Dienste, bedieners, netwerkstelsels, databasisse, gebruikers en besigheid te beskerm en met betrekking tot die ondersoek van bedrog, oortredings van intellektuele eiendomsreg, inmenging met ons regte, eiendom of gebruikers, of ander onwettige aktiwiteite of wat u of ons aan regaanspreeklikheid kan blootstel, insluitend soos vereis of versoek deur wetstoepassers of ander regeringsamptenare. Ons mag ook u inligting met derdepartye deel wanneer ons rede het om te glo dat ’n openbaarmaking noodsaaklik is ter aanspreking van ’n moontlike of werklike aantasting van of inmenging met ons regte, eiendom, bedrywigheid, gebruikers of andere wat benadeel mag word of verlies of skade mag ly of wanneer ons glo dat dit nodig is om ons regte te beskerm, ’n ondersoek te doen, of om ons beleide en voorwaardes af te dwing, bedrog te bekamp of te voldoen aan ’n geregtelike verrigtinge, ’n hofbevel of regsproses wat op Take-Two bedien is. Ons mag ook u inligting deel wanneer ons glo dat dit nodig is vir ’n ondersoek of om ons beleide of voorwaardes of enige ander wetlike dokument of kontrak wat met die Dienste of regte van ’n derde party verband hou, af te dwing.

  • Verkoop of Oordrag van Besigheid of Bates: Ons kan in die normale gang van ons bedrywighede bates aankoop of verkoop. Ons kan inligting omtrent u blootlê en sodanige inligting na ’n ander entiteit oordra as deel van ’n potensiële of daadwerklike verkryging of samesmelting van Take-Two of enige van ons bates. As ons ’n herstrukturering, bankrotskap of soortgelyke aangeleetheid onderneem of teenstaan, kan sodanige inligting as ons bate beskou en aan derdepartye verkoop of oorgedra word.

  • Soos aan u bekend gemaak: Ons mag u inligting deel soos dit aan u bekend gemaak is op die tydstip toe die inligting ingesamel is.

---Ander Gebruikers

As u aan oop groepe deelneem, soos aanlynspelsessies en sosiale netwerkdienste, sal ons outomaties sekere inligting vertoon, soos u gebruikersnaam of -ID en spelstatistieke, binne die spel, op sosiale netwerkdienste, op ons Dienste of op gespesialiseerde spelwerwe. As u aan toernooie of ander aanlyn spelgeleenthede deelneem, moet ons die u inligting openbaar plaas.

Ons publiseer spelborde en multi-speler wedstrydrekords wat inligting, gebaseer op u gebruik van die Dienste bevat, soos ‘n gebruikersnaam of -ID waar dit noodsaaklike komponente is van die Dienste wat ons aan u en andere aanbied. Soos in die geval van ander spelstatistiekdienste, mag u spelaktiwiteit, ranglyste en multi-speler wedstrydinligting ingebed in die Dienste of op derdeparty-webbladsye verskyn.

Sommige derdeparty-dienste laat u ook toe om inligting omtrent u spelaktiwiteit op hul werwe te plaas om met ander te deel. As u hierdie kenmerke gebruik sal daardie derdeparty-dienste se privaatheidsbeleide en termes u aksies op daardie werwe, asook die inligting wat deur daardie dienste ingesamel word reguleer.

Ons kombineer die inligting wat via verskeie Dienste ingesamel word en vertoon dit in die openbaar, insluitend op ons Dienste, in ons speletjies of in multispelerportale. Byvoorbeeld, as u u spelplatformrekening met ons koppel, mag ons u spelsuksesse sowel as u rekeningnaam vertoon.

Openbare plasings

As u persoonlike inligting deel, beeldmateriaal of video's plaas, of ander inhoud op openbare forums soos op ‘n boodskapbord, kletskamer, kommentaarveld of profielbladsy verskaf, kan ander persone daardie inligting sien, insamel en gebruik. As u gebruikersnaam of -ID u naam insluit, sal u naam openbaar op ranglyste en elders beskikbaar wees soos in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf. Gebruikers van sodanige openbare forums sal u kan identifiseer, die inligting kan gebruik om boodskappe aan u te stuur, of die beeldmateriaal, video's of inhoud wat u gedeel het, kan kopieer. Daar is geen verwagting van privaatheid of vertroulikheid op enige van hierdie openbare forums nie. Moet asseblief nie u persoonlike inligting in openbare forums deel of in u gebruikersnaam of -ID insluit nie. U is verantwoordelik vir enige inligting of inhoud wat u openbaar plaas deur ons Dienste te gebruik.

Dataregte

Afhangend van u ligging, mag u sekere regte oor u persoonlike inligting hê, insluitend die reg:

  • Om toegang tot of ’n kopie van u persoonlike inligting te bekom

  • Om uitwissing van u persoonlike inligting te versoek

  • Om regstelling of wysiging van u persoonlike inligting te versoek

  • Om ingelig te word oor die persoonlike inligting omtrent u wat ons insamel en/of verwerk, die bronne van persoonlike inligting en die derde partye met wie die inligting gedeel is, of aan wie dit verkoop is en vir watter doeleindes

  • Om toestemming terug te trek waar die verwerking op toestemming gebaseer is

  • Om van die verkoop of deel van u persoonlike inligting (insluitend geteikende reklame) te onttrek

  • Intekening op/onttrekking uit finansiële aansporing

  • Beperking van die gebruik en openbaarmaking van u sensitiewe persoonlike inligting

U kan dataversoeke rakende u regte tot u persoonlike inligting hier rig. Ons sal binne een maand op dataversoeke reageer. Ons mag stappe neem om u identiteit te verifieer voordat ons op u versoek reageer. Tot die mate dat hierdie regte op u van toepassing is, mag dit in sekere situasies beperk wees – byvoorbeeld, waar ons onder ’n wetlike verpligting staan of waar ons ’n dwingende belang het om u persoonlike inligting te verwerk, of waar die persoonlike inligting deur handelsgeheimhouding beskerm word. As u onopgeloste besorgdhede het, waar van toepassing, mag u ook die reg hê om ’n klag by ’n privaatowerheid te lê. ’n Lys van privaatowerhede is hier beskikbaar. Anders, as u ’n dataversoek wil rig of teen ’n besluit rakende ’n dataversoek wil appelleer, kontak asseblief Take-Two deur gebruik te maak van die inligting wat die Kontak ons afdeling verskaf.

Om te onttrek, klik asseblief op die “Do Not Sell or Share My Personal Information” in die voetreel van ons webwerf (en beskikbaar hier) en volg die instruksies op daardie bladsy. Om te onttrek van pasgemaakte aanlyn reklame in die algemeen, verwys asseblief na die onttrekkingsopsies wat in die onderafdeling Bestuur u rekening, kommunikasie en data uiteengesit is. Ons sal nie teen u diskrimineer as u enige van hierdie regte uitoefen nie.

U mag iemand anders magtig om versoeke rakende privaatheidsregte namens u te rig (’n gemagtigde agent). Gemagtigde agente moet bewys lewer dat u hulle gemagtig het om namens u op te tree, of moet bewys lewer dat hulle volmag het ingevolge die toepaslike proefreg. Ons behou die reg voor om direkte bevestiging van u aan te vra om sodoende te bevestig dat die agent gemagtig is om sodanige versoek te rig, of om addisionele inligting aan te vra om die agent se identiteit te .bevestig.

Bestuur u rekening, kommunikasie en data

Ons bied aan u verskeie opsies om u Dienste-rekening te bestuur, kommunikasie van ons af te ontvang en hoe ons u inligting gebruik. Dit sluit in deur middel van die stellings in u Dienste-rekening; onttrekking van epos en uitwissingsnutsgoed, en onttrekking van belangstellings-gebaseerde advertensies.

Verdere inligting oor die bestuur van u handelsmerk-spesifieke rekening en kommunikasie is beskikbaar hier.

​​

---Dienste-rekeninge

U kan ons gebruik van u persoonlike inligting en die kommunikasie wat u van ons ontvang, bestuur deur middel van die rekening-, kommunikasie- en privaatheidstellings in u Dienste-rekening.

---E-pos-onttrekking

U kan onttrek van bemarking-e-posse van Take-Two of ’n spesifieke handelsmerk of divisie via die onttrekkingskakel wat in die e-pos verskaf word.

---Belangstellingsgebaseerde advertensies

U kan die privaatheids- en advertensiestellings op u mobiele toestel aanpas om aan te dui of u advertensies gebaseer op u belangstellings wil ontvang. Om te onttrek van die gebruik van u aanlyn aktiwiteite vir belangstellingsgebaseerde advertensies deur deelnemende verskaffers, gaan asseblief na die Network Advertising Initiative by http://www.networkadvertising.org/managing/opt_out.asp of die Digital Advertising Alliance by http://www.aboutads.info/. Vir besoekers uit die VK, EU, EEG of Switserland, raadpleeg Your Online Choices by http://www.youronlinechoices.eu/.

Databerging

Ons sal u inligting hou vir so lank as wat dit nodig is om die Dienste aan u te verskaf, ons wetlike verpligtinge na te kom en/of om ons regte uit te oefen, te verdedig of te vestig.

Ons behou u inligting terwyl u rekening aktief is, soos nodig om Dienste aan u te verskaf of ons Dienste te administreer. As u u rekening wil uitvee of versoek dat ons ophou om u persoonlike inligting te gebruik om Dienste aan u te verskaf, kontak ons soos aangedui in die onderafdeling Bestuur u rekening, kommunikasie en data. As u rekening onaktief is, sal ons u rekening in stand hou vir so lank as wat ons redelik verwag dat u weer van die Dienste gebruik sal maak. Na sodanige tydperk sal ons u persoonlike inligting uitvee, insluitend u eposadres en aanmeldingsbesonderhede, en u sal moontlik nie meer toegang tot u rekening hê nie. Ons mag sommige van u persoonlike inligting in ons lêers stoor vir ’n redelike tydperk om geskille te besleg, om ons voorwaardes en beleide af te dwing, ons Dienste te administreer, aan tegniese en wetlike vereistes te voldoen en/of ander beperkings wat met die sekuriteit, integriteit en bedryf van ons Dienste verband hou, waarna ons stappe sal neem of u persoonlike inligting uit te vee of te argiveer.

Privaatheid van kinders

In die algemeen gesproke, rig ons ons Dienste op ’n algemene teikengroep en ons samel nie wetend persoonlike inligting van kinders onder die ouderdom van 13 jaar in nie (of ouer, as die toepaslike wetgewing vir ander beskerming voorsiening maak). Ons mag sekere Dienste op ’n teikengroep van alle ouderdomme rig---insluitend kinders. Vir sodanige Dienste mag ons die insameling van persoonlike inligting van almal op die Dienste beperk, ’n ouderdomslimiet daarstel wat kinders toelaat om die Dienste te gebruik terwyl die insameling van persoonlike inligting van kinders op die Dienste beperk word, of die ouer se toestemming te verkry om kinders se persoonlike inligting in te samel. As dit onder ons aandag kom dat ’n kind persoonlike inligting sonder ’n ouer se toestemming verstrek het, sal ons sulke inligting onmiddellik verwyder. Ons moedig ouers aan om hul kinders te leer om nooit sonder toestemming hul regte name, adresse of telefoonnommers te verskaf wanneer hulle die Internet gebruik nie.

Dataveiligheid

Ons volg algemeen-aanvaarde industrie-standaarde en handhaaf die toepaslike voorsorgmaatreëls om die sekuriteit, integriteit en privaatheid van die inligting wat ons omtrent u insamel, te help beskerm. Hierdie veiligheidsmaatreëls is ontwerp om beskerming te bied teen toevallige of onwettige vernietiging, verlies, misbruik, wysiging of ongemagtigde openbaarmaking van of toegang tot die inligting onder ons beheer. Geen stelsel is egter 100% veilig nie en ons kan nie ons veiligheidsmaatreëls waarborg nie.

Internasionale oordragte

Ons en ons verskaffers en vennote mag inligting omtrent u verwerk, oordra en berg in verband met die Dienste in die VSA en ander lande wat nie privaatheidswetgewing vergelykbaarmet die in die land waar u woonagtig is, het nie. Ons neem stappe om die toepaslike voorsorgmaatreëls toe te pas wanneer ons daardie inligting oordra.

Wanneer u inligting in ’n ander land is, mag die howe, wetstoepassers en nasionale veiligheidsowerheid daartoe toegang verkry ingevolge die wetgewing van daardie land. As u in die VK, EU, EEG of Switserland woon, maak ons staat op Standaard Kontraktuele Klousules en/of ander goedgekeurde wetlike meganismes om persoonlike inligting uit die VK, EU, EEG of Switserland na lande buite hierdie gebiede oor te dra (soos van toepassing). Om ’n kopie van sodanige Standaard Kontraktuele Klousules te bekom, indien van toepassing, rig asseblief ’n dataversoek soos uiteengesit in die Dataregte- of Kontak ons-onderafdelings.

Ander Take-Two Voorwaardes, Derdeparty-voorwaardes en Skakels na ander Webwerwe

Die gebruik van ons dienste en produkte mag aan ander voorwaardes en openbaarmakings onderhewig wees wat deur ons, platformvervaardigers en ander vennote verskaf word, insluitend: (i) die voorwaardes wat u aankoop vergesel; (ii) voorwaardes van toepassing op aanlyn dienste; (iii) ander voorwaardes en openbaarmakings wat deur ons of derde partye aan u beskikbaar gestel word. Ons is nie responsible for practices on third-party sites that may be linked to the Services.

​​

---In-spel-transaksies en Herverkoper / Winkel

Die derdeparty-platform wat u gebruik om toegang tot die Dienste te bekom, of die aanlyn herverkoper, reguleer die in-spel-transaksies. Ons mag Take-Two aanlyn winkeltransaksies direk of deur ons amptelike aanlyn herverkopers verwerk. Hierdie transaksies is onderhewig aan beide Take-Twoen die derdeparty-platform of aanlyn winkel se privaatheidsbeleid en voorwaardes (soos van toepassing). Lees asseblief die derdeparty se voorwaardes en privaatheidsbeleid vir meer besonderhede oor hul beleid.

---Derdeparty-dienste

As u via derdeparty-dienste soos ‘n platform-, mobiele toestel, speletjie, en sosialenetwerk-rekeninge met ons skakel sal daardie derdeparty se privaatheidsbeleid u gebruik van daardie diens reguleer. Ons is nie aanspreeklik vir derdeparty-dienste nie.

---Derdeparty-webwerwe

Ons Dienste mag u na derdeparty-webwerwe lei. As ons met ’n ander webwerf koppel beteken dit nie dat dit ’n onderskrywing, magtiging of verteenwoordiging van ons affiliasie met daardie derdeparty is nie. Lees asseblief die privaatheidsbeleid van die ander webwerf voordat u enige van u persoonlike inligting op daardie webwerf verstrek.

Kontak ons

As u enige vrae oor hierdie Privaatheidsbeleid het, gebruik asseblief die skakel https://www.take2games.com/data-request om ons databeskermingsbeampte te kontak. U kan ons Databeskermingsbeampte per pos by die onderstaande adresse kontak. Meld asseblief u ligging in u boodskap aan. U mag ook die reg hê om ’n klag by ’n privaatowerheid te lê. U kan ons ook per epos kontak by [email protected].

Land

Adres

Lande buite Europa

Take-Two Interactive Software, Inc.

110 W 44th Street, New York, NY 10036 USA,

Aandag: Privaatheidsbeleid Administrateur

VK, EU, EEG of Switserland

(“Europese lande”)

Take Two Interactive Software Europe Limited

Take-Two House

30 Cleveland Street, London W1T 4JD, UK

Aandag: Privaatheidsbeleid Administrateur

Vir die doeleindes van privaatheidswette, is die datakontroleerder van u persoonlike inligting Take-Two Interactive Software, Inc. en - vir gebruikers in die VK, EU, EEG of Switserland – Take Two Interactive Software Europe Limited. Na gelang van die Dienste, mag ons handelsmerke en afdelings as datakontroleerders beskou word, of gesamentlik met Take-Two Interactive of op hul eie. Die datakontroleerder en verteenwoordiger se informasie en kontakbesonderhede word gelys hier. Verwysings in hierdie Privaatheidsbeleid na Take-Two moet geïnterpreteer word as verwysings na die relevante Take-Two entiteit wat geïdentifiseer is as die kontroleerder van die persoonlike inligting vir die spesifieke Dienste wat u gebruik.

Wysiging van die privaatheidsbeleid

Ons behou die reg voor om wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid te maak. Raadpleeg dit asseblief weer van tyd tot tyd om sodanige wysigings na te gaan. As ons enige ingrypende wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid aanbring, sal ons u op gepaste wyse in kennis stel en, waar van toepassing, addisionele keuses ten opsigte van sodanige wysigings gee. Soos deur wetgewing toegelaat, beteken u voortgesette gebruik van die Dienste dat u hierdie wysigings aanvaar.

Indien u ‘n inwoner van Suid Korea is kyk asseblief na Bykomende informasie vir inwoners van Suid Korea.